Perspektiewe

Simon Sinek bestudeer uitsonderlike besighede en leierskap wat hom gelei het tot die ontwikkeling van "The Golden Circle of Truth".  Wat my van sy konsep getref het was die blote eenvoud daarvan en dat die dieper motivering van menslike gedrag tipies opgesluit lê in "hoekom" vrae. Kyk maar net hoeveel keer kinders “hoekom” vrae vra... hoekom dit en dat, terwyl volwassenes op een of ander manier daarin geslaag het om soveel lae van aannames oor sekere dinge op te bou. Byvoorbeeld ons sal iemand vra wat hy of sy doen (m.a.w. sy of haar beroep), maar nie hoekom hulle dit doen nie?

Ons soeke na eenvoud is nie maklik nie. Ons word herinner aan die dokter se aanbeveling met 'n spesifieke simptoom... hou op rook, eet gesond, of kry genoeg rus en doen gereeld oefening – so basies en eenvoudig, maar dikwels so moeilik om te implementeer. Mense verwag iets kompleks of grandiose. Miskien is daar 'n nuwe tipe medikasie, behandeling of chirurgie; dws 'n “quick fix” vir my probleem. Is dit ons menslike natuur om sake te kompliseer? Of is ons beïndruk deur groot woorde (ons weet so min en hulle so baie)? Hoekom is daar hierdie teenstrydigheid?

Ons wêreld bestaan uit enorme hoeveelhede klein dele wat slegs nuttig is wanneer ons dit kombineer.  Die mensdom se prestasies – vanaf u rekenaar tot talle finansiële transaksies, eiendomsontwikkelings, mediese prosedures en navigasie stelsels – alles is die gevolg van mense en dinge wat saamgevoeg word.  Met kennis het Westerse kapitalisme verskillende ekonomiese kombinasies ondersoek ten einde ons rykdom te skep. As 'n moderne samelewing het ons georganiseerde kennis daargestel...

Daar is reeds heelwat oor "Socially Responsible Investing" (SRI) geskryf. In die algemeen ook bekend as "etiese-" met verwante konsepte soos "waarde-gebaseerde", en/of "volhoubare beleggings". Met die bekendstelling van die; nuwe Kode (CRISA wat staan vir Code of Responsible Investing in South Africa), was Suid-Afrika slegs die tweede land na die Verenigde Koninkryk wat formeel institusionele beleggers aanmoedig om omgewings-, maatskaplike en beleid (Environmental, Social and Governance) kwessies in 'n beleggings-proses te integreer.

Met 2011 se einde in sig hoop die meeste beleggers dat 2012 iets beters sal inhou. Om die minste te sê, was die totale opbrengs syfers (insluitende dividende) van die JSE ALSI oor die afgelope 12 maande maar power.  U moet onthou dat alhoewel die markskommelinge geweldige vrees onder beleggers skep, dit ‘n teken van verandering is. Daarenteen bring verandering nuwe geleenthede sowel as potensiële ekonomiese groei. ‘n Meer sigbare voorbeeld is klimaatsverandering – die direkte gevolg van onverantwoordelike omgewingsbeleid.

Is die internasionale markte hoegenaamd êrens heen oppad? Sal die plaaslike mark enige groei toon? Ongelukkig weet niemand wat die toekoms vir ons inhou
nie. Meer toepaslik sê die Spanjaarde: "in 'n toekoms" (en un futuro) in teenstelling met Afrikaans en Engels wat sê: "in die toekoms" – triviaal en moontlik nie die regte manier om jouself uit te druk nie.

Soek feite nie opinies nie... 'n Onafhanklike denker en student van die finansiële markte het gesê: "Vra eerder na feite en vermy opinies". Dit is nie verbasend dat Dave Foord een van die mees suksesvolle beleggers in Suid-Afrika is nie.  In ‘n vorige nuusbrief het ons verskeie vooroordele probeer uitwys sowel as ons menslike geneigdheid om onvermydelik swak besluite te neem wanneer ons emosies ons “aanval” (sien inleg). Vrees is netso verdoemend soos hebsug.

Waarvan ons bewus moet wees... hoewel dit 'n lywige onderwerp is, het ons gedink om ‘n paar gedagtes oor finansiële gedragspatrone (behavioral finance) met u te deel. Hierdie studieveld is gegrond op besluitnemings-teorie en sielkunde en ondersoek die redes en motiewe vir algemene menslike foute. Met feitlik enige beleggings-besluit is ons dikwels ons eie grootste vyand.