Perspektiewe
Ons wêreld bied geweldig baie keuses en dikwels sukkel individue om een uit te oefen. Dit word 'n probleem wanneer ons vinnig 'n ingeligte besluit moet neem en mens nie altyd die tyd daarvoor het nie. Besluite onder druk is nooit goed nie. Ek het onlangs 'n klein DIY-projek afgeskop en uiteindelik besluit om daardie koordlose boor wat ek nog altyd wou hê, te koop. Tot my verbasing was die besluit nie eenvoudig nie.
Gedurende die Koue Oorlog in die 1960's, het die Amerikaanse NASA 'n spesiale "ruimtepen" ontwikkel om die probleem van inkvloei wat met normale penne in die ruimte voorkom, te oorkom. Die koste van die projek het honderde duisende dollars beloop. Die Russe het doodeenvoudig 'n potlood gebruik…
Met hierdie uitgawe ondersoek ons finansiële advies, die potensiële waarde daarvan en wat 'n persoon [wat advies sou soek] dalk na moet kyk. Diensvlakke van bv. 'n tipe konsultasie (gelewer deur prokureurs, dokters, ens) is dikwels moeilik om te kwantifiseer. Hoe goed of van watter gehalte was die diens? Is dit nie dikwels gebaseer op 'n ervaring eerder as 'n gemete resultaat nie? Hoe kan jy die waarde van 'n goeie beleggingsresultaat vergelyk met die waarde van 'n produk ('n tasbare item), bv. 'n slimfoon, kunswerk of antieke meubels soos jy dit ervaar?
Enkele gedagtes deur Cobus Rysbergen: Ek was onlangs in die (on)bevoorregte posisie waar ek sekere verbeteringe en herstelwerk aan my huis wou en moes doen. Dit was interessant om op te merk dat van die probleme wat ek tydens die projek teëgekom het, ook op die veld van finansiële beplanning van toepasing kan wees. Hier volg so paar voorbeelde:
Die vermiste vlug MH370 van die Maleisiese Lugdiens het die lugvaartbedryf geskok en laat owerhede sonder duidelike antwoorde. Die voorval het my laat dink aan wat gebeur tydens ‘n vlug en hoe dit met die advies- en beleggingsproses vergelyk. Verdra die voorbeeld vir ‘n oomblik. ‘n Mens sou kon sê dat die analogie 'n vliegtuig voorstel wat deur die bate- of fondsbestuurder bestuur word, dat die kliënt die passasier is, terwyl die adviseur die rol van 'n lugwaard(in) vertolk. Hierdie voorbeeld kan lei tot 'n interessante bespreking, want soms kan ons die verskillende rolle omruil.
Niemand sou kon dink dat die wêreld se finansiële markte sulke goeie opbrengste oor die afgelope 12 maande sou oplewer nie. Keer op keer het ekonome en kenners beweer dat daar ernstige onsekerheid heers. Dit het vrees by die leke belegger ingeboesem. Wat is ons gevolgtrekking hier? Ons weet nie wat gaan gebeur nie, maar ons kan onsekerheid bestuur. Plus, ons hoef ons nie te veel oor die daaglikse nuusberigte te bekommer nie. Dit is meestal onnodige geraas.
Van tyd tot tyd volg ek Carl Richards van The Behavior Gap se kommentaar. Hy bevraagteken die konvensionele manier van dink en het insiggewende en baie praktiese insigte.
Ek het gedink om hierdie maand ‘n paar idees oor geld en ons persoonlike tevredenheid te ondersoek. Iemand het my nie lank terug aan iets herinner wat die Internet-samelewing dalk ervaar, en miskien is ons salig onbewus van hoe dit alles met geluk verband hou.
Die hoeveelheid inligting tot ons beskikking via die Internet is werklik verstommend. Met talle beleggings-opinies, koerante- en tydskrifartikels en baie ander verslae deur ontleders; beteken al hierdie inligting ware kennis? Glo ons, dat ons aantreklike (en beter) opbrengste kan genereer deur eenvoudig meer as iemand anders te weet?
Simon Sinek bestudeer uitsonderlike besighede en leierskap wat hom gelei het tot die ontwikkeling van "The Golden Circle of Truth". Wat my van sy konsep getref het was die blote eenvoud daarvan en dat die dieper motivering van menslike gedrag tipies opgesluit lê in "hoekom" vrae. Kyk maar net hoeveel keer kinders “hoekom” vrae vra... hoekom dit en dat, terwyl volwassenes op een of ander manier daarin geslaag het om soveel lae van aannames oor sekere dinge op te bou. Byvoorbeeld ons sal iemand vra wat hy of sy doen (m.a.w. sy of haar beroep), maar nie hoekom hulle dit doen nie?