Perspektiewe
Ons leef in ’n tyd van oorvloed. Vandag het ons meer gerief, meer toegang, meer inligting en meer keuses as enige generasie voor ons. Tog voel soveel mense, vreemd genoeg, ontevrede – asof hulle agter raak, asof daar nooit genoeg is nie, of asof die volgende aankoop of uitstappie uiteindelik rus gaan bring.
Beskou jy die beleggingswêreld as ’n soort speletjie? Die meeste kompetisies, toernooie of wedstryde in die lewe — of dit nou skaak, rugby of fietsry is — het ’n begin, ’n duidelike stel reëls, en ’n einde. Iemand wen, iemand verloor. Die telbord gee vir ons die resultaat. Omdat die wedstryd of wedloop eindig, kan besluite ge-optimaliseer word om jou opponent te klop vóór die eindfluitjie blaas, of jy die wenstreep bereik.
In hierdie uitgawe wil ons illustreer hoe Kunsmatige Intelligensie (KI) enige iemand moontlik kan bystaan met eenvoudige take, of selfs inspirasie kan bied. Ek is nie ’n rolprentkenner nie, maar ek het gedink dit sou ’n prettige oefening wees om bekende fliekaanhalings met finansiële raad te probeer assosieer – ’n idee wat ontstaan het uit die krag van ’n moderne KI-assistent, Gemini van Google.
Om die jaarlikse Berkshire Hathaway aandeelhouers-vergadering in Omaha by te woon, was soos altyd 'n inspirerende ervaring. Hierdie jaar het die vergadering tydlose beginsels en strategiese insig opnuut bevestig. Met hierdie uitgawe probeer ons kern gedagtes opsom uit die vrae en gesprekke, met 'n fokus op dit wat uitgestaan het.
Onsekerheid is 'n onvermydelike deel van die lewe, en nêrens is dit duideliker as in finansiële markte nie. Met wêreldekonomieë wat gemengde seine uitstuur en media-opskrifte wat onstuimigheid voorspel, is dit natuurlik om oorweldig te voel. Voortdurende onsekerheid gekombineer met die onmoontlikheid daarvan om te weet wat mense volgende gaan doen, is die werklikheid.
Dink jy soms terug aan die “goeie ou dae”? Miskien mis jy die rustige Sondae toe besighede gesluit was, of ’n tyd toe jy nie voortdurend op jou foon moes wees nie. Die lewe het eenvoudiger gevoel met minder verkeer, minder regulasies en geen eindelose nuusbrokkies wat onsekerheid voed nie. Destyds was mense nie vasgenael aan finansiële opdaterings, of oorval met “goue” beleggingsgeleenthede nie (waarvan vele ‘n bedrogspul was).
Finansiële dienste en verteenwoordigers bring onvermydelik dieselfde gestandaardiseerde oplossing aan individue, ongeag hul verskille. Dit is deels as gevolg van verhoogde regulering en nakoming, maar in werklikheid het ons almal iets nodig wat spesifiek by ons behoeftes pas. Ons is uniek.
Gedurende die 1960's het ekonoom Milton Friedman 'n verklaring gemaak dat "inflasie altyd en oral 'n monetêre verskynsel is." Geskiedenis het sedertdien bewys dat hy reg was. Groei in maatskappye se verdienste, die langtermyn drywer van die waarde van aandeelhouers, word deels bepaal deur ekonomiese groei sowel as inflasie.
Groot getalle is verbysterend. Beskou die volgende syfers soos 'n miljoen, miljard of 'n triljoen. Hoe groot is hierdie getalle werklik? Byvoorbeeld: 'n Duisend sekondes is ongeveer 30 minute, maar 'n miljoen sekondes is sowat 12 dae. ’n Miljard sekondes is egter 31,7 jaar. Ja, iemand wat 95 word, het 3 biljoen sekondes gelewe en ongeveer 'n 1/3 daarvan geslaap! Nou, 'n triljoen sekondes is 31 688 jaar! Hierdie enorme getalle kan belaglik word.
Ongelukkig besef ons nie altyd wanneer ons 'n fout maak nie. Wat finansiële beplanning en beleggingstrategieë betref, dink ons dalk ons is slim, maar
dikwels is ons nie goed genoeg ingelig nie. Ons weet regtig nie wat ons nie weet nie en miskien bevestig ons, ons eie vooroordele.
Die beleggingsproses is nie 'n oplosbare probleem nie – daar is geen towerformule nie.