Artikels
Wetgewing binne die plaaslike finansiële sektor het sedert 2001, toe die eerste wet wat finansiële advies monitor (die Wet op Finansiële Advies en Tussenganger-dienste) in Suid-Afrika in werking getree het, ver gevorder. Tot onlangs was daar min tot geen beoordeling van gepaste advies nie en sedertdien het baie veranderinge plaasgevind om verbruikers te beskerm. Die regering het onlangs weer aangekondig dat hy van voorneme is om 11 wette mbt die finansiële sektor te wysig. In hierdie uitgawe het ons gedink dat dit nuttig sou wees om enkele punte te beklemtoon. Finansiële regulering sal breedweg verdeel word tussen die Reserwebank van Suid-Afrika (RBSA) en die RFD (Raad op Finansiële Dienste). Die mandaat van die RFD het sy wortels in die FSA (Financial Services Agency) – die Britse ekwivalent van ons plaaslike reguleerder. Die RBSA sal verantwoordelik wees vir omsigtigheids-regulering; dws wetgewing wat bankrotskap probeer elimineer. Aan die ander kant is die RFD verantwoordelik om industrie-gedrag te reguleer en die verbruiker te beskerm. Read more
Daar bestaan 'n persepsie dat eiendom minder riskant is as die aandele van 'n publieke maatskappy. Dit is nie noodwendig waar nie. Wanneer u die risiko profiel van 'n spesifieke bate bepaal, is daar nie altyd 'n maklike antwoord nie. In hierdie uitgawe wil ons graag uitbrei oor wanopvattings wat daartoe lei dat beleggers as "konserwatief" of "aggressief" beskou word. Ons begryp nie altyd die koppeling tussen onderliggende risiko en opbrengs van 'n bate nie. Wat is al die risiko komponente nl. valutarisiko, markwisseling, inflasie risiko, institusionele risiko's, ens? En wat is die elemente wat u totale opbrengs dryf? Read more