Perspektiewe
In 'n vorige brief aan kliënte, het ons 'n paar gedagtes oor FOMO gedeel – dit is die “Fear of Missing Out”. Die laaste 3 maande het 'n paar ongewone finansiële uitkomste gehad (verrassend om die minste te sê). Dit lyk asof die gesegde waar is: “Dit is doodeenvoudig tyd in die mark en nie die tydsberekening van die mark wat tel nie”.
Die ikoniese belegger Warren Buffett skryf nie hul sukses deur die jare bloot aan intelligensie toe nie. In werklikheid gaan dit meer daaroor om foute te vermy. Charlie Munger, sy jarelange sakevennoot, het ook gesê: "Dit is opvallend hoeveel voordeel ons het deur konsekwent nie dom te wees nie, eerder as om baie intelligent te probeer wees." Hierdie stelling mag voor die hand liggend klink, maar as u iemand vra of hulle weens oningeligtheid foute maak, sal hulle antwoord waarskynlik nee wees. Ongelukkig besef ons nie altyd wanneer ons 'n fout maak nie.
Dit is nie maklik om perspektief te gee as ons die afgelope paar maande dieselfde refrein moes herhaal nie; dit terwyl niks eintlik verander het nie en u steeds bekommerd mag bly oor u kapitaal, asook die politieke retoriek. Dit is waarom gesoute beleggers verwys na ons vermoë om terug te staan in tye van onsekerheid en nie in die versoeking te kom om in oënskynlik aantreklike opsies soos Bitcoin of Sharemax te belê nie, of selfs alles in kontant om te skakel nie.
Wanneer alles goed gaan, vergeet ons dikwels hoe goed dit met ons gaan, of hoe 'n situasie mag lyk indien iets sou skeef loop. Dit hang saam met gerief en selfvoldaanheid. Hierdie week het 'n brand by ‘n substasie 'n groot deel van die Paarl vir 3 dae sonder krag gelaat. Dit bo en behalwe ons waterkrisis in die Wes-Kaap! Goeie beplanning poog om die risiko's wat verband hou met onvoorsiene omstandighede (met 'n uitkoms sonder sekerheid), of gebeure met 'n wesenlike impak op ons welsyn, fisies of finansieël gesproke, in ag te neem.
Om oor Berkshire Hathaway en die “Oracle of Omaha” te lees (of daarvan te hoor), verskil heelwat van die atmosfeer by die CenturyLink-sentrum in Omaha hierdie afgelope Mei. Ek begryp nou waarom 40,000 beleggers elke jaar van regoor die planeet na Nebraska stroom om by die Berkshire Hathaway aandeelhouersvergadering na menere Warren Buffett en Charlie Munger te kom luister. Om daar te kon wees, was 'n groot voorreg en sekerlik 'n gebeurtenis van ‘n leeftyd wat ek altyd sal onthou.
Gedurende die afgelope 50 jaar het opbrengste van Suid-Afrikaanse aandele (in vergelyking met die van effekte en kontant) ongeveer 6% per jaar beter gevaar. Die hoër opbrengs het egter gekom met beduidende wisselvalligheid; op- en afbewegings in die mark. Daar is periodes waar aandele, effekte en kontant wel onderpresteer het. Dit was die geval die afgelope 3 jaar. Oor langer periodes verwag ons dat aandele en genoteerde eiendom egter al die ander bateklasse sal klop. Die hoeveelheid datapunte tel in ons guns! Hoekom is dit so moeilik om in ‘n bateklas met skommelinge te belê?
Hierdie kwartaallikse perspektief bied ‘n kort terugskouing op enkele groot mylpale van 2016. Wat beteken dit dalk vir die toekoms en hoe beoog ons om die beleggingstrategie aan te pas, al dan nie?
"Al die mens se ellende spruit voort uit die feit dat hy nie stil en alleen in ‘n kamer kan sit nie". Blaise Pascal (19 Junie 1623 - 19 Augustus 1662) was 'n Franse wiskundige, fisikus, uitvinder, skrywer en Christelike filosoof. Voorwaar 'n man met vele belangstellings; lees meer op die Web hier. Miskien is filosowe beter daarmee as enigiemand anders om êrens rustig alleen te sit (dalk is dit deel van hul posbeskrywing). Hulle lees iets en dink daaroor terwyl hulle by ‘n venster uitstaar.
Ons geniet die advertensieveldtogte van fonds-bestuurders en ander finansiële instellings. Dit is bondig, kreatief en vermaaklik. Bv. 'n storie oor 'n blinde dokter wat omgee vir sy pasiënte (deur Coronation); die terugkeer van Ali en Foreman se geveg in Kinshasa (deur Sanlam); die hervereniging met 'n geliefde na die val van die Berlynse muur (deur Allan Gray). Ons almal kan 'n emosionele konneksie met baie van hierdie stories maak, maar van watter inligting voorsien hulle ons om ‘n beleggingbesluit te help neem?
Per definisie impliseer ons toekoms onsekerheid. Die beginsel van onsekerheid (en waarskynlikheid) is een van die fondamente in kwantumfisika. Dit sê basies dat ons nie al die eienskappe van kwantum deeltjies met onbeperkte akkuraatheid kan meet nie. Ons makro wêreld en Suid-Afrika in besonder is onseker. Kyk na die instroming van immigrante na Europa en 'n omstrede aanloop na die presidentsverkiesing in die Verenigde State. Niks kan regtig ons toekoms meer seker maak nie – daar is geen voorskrif vir onsekerheid nie.