Artikels

Om die jaarlikse Berkshire Hathaway aandeelhouersvergadering in Omaha te kon bywoon was, soos altyd, 'n inspirerende ervaring. Hierdie jaar het die vergadering tydlose beginsels en strategiese insig opnuut bevestig. Om voor die handliggende redes mag dit oorbodig klink, maar dit is 'n persoonlike oefening wat ek hoop jy sal geniet. Hieronder probeer ek kern gedagtes opsom uit die vrae en gesprekke, met ‘n fokus op dit wat vir my uitgestaan het.  Ek het dit gepas gevind om van die kwinkslae en aanhalings in te sluit. Read more

Ons is in die tweede helfte van 2021 en ons wil graag weer na 'n paar finansiële beginsels kyk. Dit herinner ons daaraan dat uitstekende finansiële resultate gewortel is in enkele beginsels. Die formule vir hoe om goed met geld te werk, is eenvoudig. Ons gewoontes (terwyl ons 'n eenvoudige formule implementeer) staan soms in die pad. Hoe eenvoudig dit ook al mag lyk, bly hierdie universele waarhede vir beleggers en beplanning. Soos Charlie Munger graag sê: "Dit wat afgesaag is, werk!". Read more

Ons geheue blyk redelik selektief te wees. Gedurende 'n betreklike kort loopbaan het ek drie belangrike markregstellings beleef – almal natuurlik om verskillende redes. Iemand het eenkeer gesê dat gelukkige gesinne almal eenders is, maar elke ongelukkige gesin is ongelukkig op sy eie manier.  Markte is die teenoorgestelde! Markte is om verskillende redes "gelukkig". Kort na die Dotcom-ineenstorting vroeg in 2000, lees ek hierdie opskrif “From IPO to REPO” (van die nuwe noterings op die Nasdaq tot die terugneem van bates). Die oormaat van die tegnologiese euforie het my bygebly. Read more

Friedrich Wilhelm Nietzsche, 'n Duitse filosoof en kultuurkritikus, het eens gesê: 'Individue is selde waansinig; maar in groepe, partye, nasies en tydperke is waansinigheid die reël”. Terloops, hy word ook erken vir: "Dit wat ons nie doodmaak nie, maak ons sterker". Hoe gepas is dit tog in die tye waarin ons leef! Maak nie saak of u 'n aanhanger (of kritikus) van Biden, Malema of Bitcoin is nie, dit lyk asof daar die een of ander mate van waansin heers... Read more

‘Beleggings is die helfte tegnies so ingewikkeld as wat vir meeste mense voorgehou word, maar twee keer so emosioneel moeilik as wat aanvaar word' – Morgan Housel. Natuurlik kan oorvereenvoudiging ook gevare inhou. Daarom impliseer eenvoud nie dat dit maklik is nie. As dit kom by beleggings oor die langer termyn, wen eenvoudige idees en prosesse egter dikwels meer ingewikkelde en duurder alternatiewe. In wese moet die belegger se doel wees om reële opbrengste na belasting (deur verskeie siklusse) te verdien, dit wil sê 'n opbrengs bokant inflasie om die koopkrag te beskerm. Ons bereik dit via portefeuljes wat bestaan uit 'n kombinasie van aandele in ondernemings en effekte (skuldbriewe, of kontrakte wat hoofsaaklik deur regerings uitgereik word en beskou word as minder riskant) en miskien ander bateklasse, byvoorbeeld genoteerde eiendom. Read more

In moeilike tye soek mense dikwels iemand om mee te praat, 'n paar idees uit te ruil of perspektief te kry (persoonlik sowel as finansiëel). Hoe ons hieroor dink, wissel vanselfsprekend van persoon tot persoon. Wie ons raadpleeg, is belangrik. Wanneer dit by ons gesondheid kom, sal die meeste mense 'n algemene praktisyn of spesialis verkies; d.w.s. iemand met ondervinding en bekwaamheid in daardie vakgebied. Wanneer dit egter oor finansiële aangeleenthede gaan, ervaar ons dikwels dat mense selde onderskeid tref tussen menings en goeie advies. Ongelukkig word mense dikwels mislei en gelok deur belowende opbrengste wat doodeenvoudig onvolhoubaar is (bv. Bitcoin en ander twyfelagtige beleggingsskemas). Read more

Party van u mag bekend wees met die Griekse mite van Odysseus. Hieronder is 'n klassieke skildery deur John William Waterhouse van Odysseus en sy manskappe.  Na die oorwinning in Troye, begin Odysseus op sy reis huis toe (die Trojaanse perd was sy idee). Odysseus was bekend vir sy briljantheid, veelsydigheid, selfbeheersing en sluheid. Op pad na Ithaca moes hulle verby die eiland van die “Sirens” seil voordat hulle die ses-koppige monster Scylla en die maalgat van Charybdis sou trotseer. Die “Sirens” was voëlagtige wesens met vroulike stemme wat die matrose na hul dood gelok het. Odysseus het sy manskappe se ore met byewas toegestop, en hulle oorreed om hom aan die skip se mas vas te bind – sodat hy niks tot hulle nadeel kon doen nie. Hy het alleen die “Sirens” se lied gehoor wat glo die toekoms openbaar… Read more

Die gebruik van mediese siftingstoetse is gevestigde praktyk. Afhangende van jou ouderdom en geslag, het die meeste van ons in die verlede een of ander vorm van mediese toets ondergaan. Voorbeelde kan 'n glukose-, cholesteroltoets of 'n mammogram wees. Die doel van 'n siftingstoets is om 'n potensiële gesondheidsversteuring of siekte op te spoor waar daar nie noodwendig enige simptome mag wees nie.  Ingesluit is dalk 'n paar eenvoudige vrae wat u kan help om u finansiële gesondheid te peil. Sou jy "NEE" geantwoord het op enige van hierdie vrae, kan dit ‘n aanduiding wees dat daar 'n geleentheid is om jou finansiële welstand te verbeter. Read more

Om een of ander rede is hebsug en mag deel van die mensdom. Nie lank gelede het ek gelees oor die bankrotskap van Boris Becker en Johnny Depp (om nie eens van Naas Botha te praat nie). Dit laat jou wonder wat genoeg is? Read more

In hierdie uitgawe deel ons ‘n skrywe van Jurie Gouwsventer.  Jurie werk al ‘n geruime tyd saam met ons.  Sy praktyk Mindfulmoney is ook deel van ons onafhanklike assosiasie met Finsolnet.  O.a. is dit ‘n platform waar ons kennis uitruil.  Op hierdie manier verhoed ons ‘n situasie waar besluite in isolasie geneem word.  U is welkom om sy webblad by www.mindfulmoney.co.za te besoek. Read more