Perspektiewe

Om oor Berkshire Hathaway en die “Oracle of Omaha” te lees (of daarvan te hoor), verskil heelwat van die atmosfeer by die CenturyLink-sentrum in Omaha hierdie afgelope Mei. Ek begryp nou waarom 40,000 beleggers elke jaar van regoor die planeet na Nebraska stroom om by die Berkshire Hathaway aandeelhouersvergadering na menere Warren Buffett en Charlie Munger te kom luister. Om daar te kon wees, was 'n groot voorreg en sekerlik 'n gebeurtenis van ‘n leeftyd wat ek altyd sal onthou. Read more >>
Gedurende die afgelope 50 jaar het opbrengste van Suid-Afrikaanse aandele (in vergelyking met die van effekte en kontant) ongeveer 6% per jaar beter gevaar. Die hoër opbrengs het egter gekom met beduidende wisselvalligheid; op- en afbewegings in die mark. Daar is periodes waar aandele, effekte en kontant wel onderpresteer het. Dit was die geval die afgelope 3 jaar. Oor langer periodes verwag ons dat aandele en genoteerde eiendom egter al die ander bateklasse sal klop. Die hoeveelheid datapunte tel in ons guns! Hoekom is dit so moeilik om in ‘n bateklas met skommelinge te belê? Hierdie alternatief bied immers ‘n hoër verwagte opbrengs, mits jou beleggingshorison lank genoeg is.  D.w.s. 20, 30 of self 40 jaar… Read more >>
Hierdie kwartaallikse perspektief bied ‘n kort terugskouing op enkele groot mylpale van 2016. Wat beteken dit dalk vir die toekoms en hoe beoog ons om die beleggingstrategie aan te pas, al dan nie? Read more >>
"Al die mens se ellende spruit voort uit die feit dat hy nie stil en alleen in ‘n kamer kan sit nie". Blaise Pascal (19 Junie 1623 - 19 Augustus 1662) was 'n Franse wiskundige, fisikus, uitvinder, skrywer en Christelike filosoof.  Voorwaar 'n man met vele belangstellings; lees meer op die Web hier.  Miskien is filosowe beter daarmee as enigiemand anders om êrens rustig alleen te sit (dalk is dit deel van hul posbeskrywing). Hulle lees iets en dink daaroor terwyl hulle by ‘n venster uitstaar. Miskien trek hulle ook aan hulle oorlelle en tik met hulle vingers op die tafel?  Om niks te doen is 'n soort van nagmerrie vir die meeste van ons. Wanneer daar geen afleiding, boeke, selfone of iPads is nie, is ons geneig om vinnig verveeld te raak. Vir sommige van ons is dit baie swaar. Dit is 'n interessante kwessie wat deesdae min aandag kry. Sommige spekuleer: om in verveling te leef, is om rou tyd te ervaar, d.w.s. om in die oomblik te leef en die volle gewig van jou sterflikheid en die verloop van tyd te beleef. Read more >>
Ons geniet die advertensieveldtogte van fonds-bestuurders en ander finansiële instellings. Dit is bondig, kreatief en vermaaklik. Bv. 'n storie oor 'n blinde dokter wat omgee vir sy pasiënte (deur Coronation); die terugkeer van Ali en Foreman se geveg in Kinshasa (deur Sanlam); die hervereniging met 'n geliefde na die val van die Berlynse muur (deur Allan Gray). Ons almal kan 'n emosionele konneksie met baie van hierdie stories maak, maar van watter inligting voorsien hulle ons om ‘n beleggingbesluit te help neem? Read more >>
Per definisie impliseer ons toekoms onsekerheid. Die beginsel van onsekerheid (en waarskynlikheid) is een van die fondamente in kwantumfisika. Dit sê basies dat ons nie al die eienskappe van kwantum deeltjies met onbeperkte akkuraatheid kan meet nie.  Ons makro wêreld en Suid-Afrika in besonder is onseker. Kyk na die instroming van immigrante na Europa en 'n omstrede aanloop na die presidentsverkiesing in die Verenigde State. Niks kan regtig ons toekoms meer seker maak nie – daar is geen voorskrif vir onsekerheid nie. Generasies het nog altyd te doen gehad met grade van onsekerheid en by tye wanneer dinge lyk asof dit seker kan wees, is dit juis nie... Read more >>
Ons wêreld bied geweldig baie keuses en dikwels sukkel individue om een uit te oefen. Dit word 'n probleem wanneer ons vinnig 'n ingeligte besluit moet neem en mens nie altyd die tyd daarvoor het nie. Besluite onder druk is nooit goed nie.  Ek het onlangs 'n klein DIY-projek afgeskop en uiteindelik besluit om daardie koordlose boor wat ek nog altyd wou hê, te koop. Tot my verbasing was die besluit nie eenvoudig nie. Afgesien van swak opgeleide personeel (niemand in die hardewarewinkels kon my leiding gee nie en was ek genoodsaak om my eie navorsing op die Internet te doen), was die inligting op bore en modelle oorweldigend. Keuses het gewissel tussen handelsmerke, boorgroottes, koordlose tipes, ratverhoudings, hameraksie ens. Van al die duisende modelle was my keuse nie ‘n maklike ene nie. Hoe kan ek 'n boor wat aan al my behoeftes voldoen, kies? En ek verstaan dalk nie my eie behoeftes behoorlik nie! Read more >>
Gedurende die Koue Oorlog in die 1960's, het die Amerikaanse NASA 'n spesiale "ruimtepen" ontwikkel om die probleem van inkvloei wat met normale penne in die ruimte  voorkom, te oorkom. Die koste van die projek het honderde duisende dollars beloop. Die Russe het doodeenvoudig 'n potlood gebruik… Read more >>
Met hierdie uitgawe ondersoek ons finansiële advies, die potensiële waarde daarvan en wat 'n persoon [wat advies sou soek] dalk na moet kyk. Diensvlakke van bv. 'n tipe konsultasie (gelewer deur prokureurs, dokters, ens) is dikwels moeilik om te kwantifiseer. Hoe goed of van watter gehalte was die diens? Is dit nie dikwels gebaseer op 'n ervaring eerder as 'n gemete resultaat nie? Hoe kan jy die waarde van 'n goeie beleggingsresultaat vergelyk met die waarde van 'n produk ('n tasbare item), bv. 'n slimfoon, kunswerk of antieke meubels soos jy dit ervaar? Of is ons meer geneig om eerder te kyk na wat dit kos? Soos hulle sê: "Nowadays we know the price of everything, and the value of nothing". Read more >>
In hierdie uitgawe deel ons ‘n skrywe van Jurie Gouwsventer.  Jurie werk al ‘n geruime tyd saam met ons.  Sy praktyk Mindfulmoney is ook deel van ons onafhanklike assosiasie met Finsolnet.  O.a. is dit ‘n platform waar ons kennis uitruil.  Op hierdie manier verhoed ons ‘n situasie waar besluite in isolasie geneem word.  U is welkom om sy webblad by www.mindfulmoney.co.za te besoek. Read more >>
Enkele gedagtes deur Cobus Rysbergen:  Ek was onlangs in die (on)bevoorregte posisie waar ek sekere verbeteringe en herstelwerk aan my huis wou en moes doen.  Dit was interessant om op te merk dat van die probleme wat ek tydens die projek teëgekom het, ook op die veld van finansiële beplanning van toepasing kan wees. Hier volg so paar voorbeelde:   Read more >>
"The Drunkard’s Walk: How Randomness Rules Our Lives" herinner jou vaagweg aan die Black Swan, geskryf deur Nassim Taleb. Die laasgenoemde skrywer illustreer hoe gebeure met ‘n baie lae waarskynlikheid [hoogs onwaarskynlik] 'n hoë, of wesenlike impak op ons denke mag hê. Hoewel dit na my mening 'n fatalistiese benadering tot 'n wêreldsiening is, bied Leonard Mlodinow, die skrywer van die Drunkard’s Walk, insiggewende kommentaar met alledaagse voorbeelde. So is daar voorbeelde van sport, medisyne, sielkunde, sowel as die aandelemark. Leonard Mlodinow (wat ook 'n bydrae gelewer het vir die klassieke McGyver reeks) maak 'n uitstekende punt: en dit is dat die ware waarskynlikheid van enige gebeurtenis nie intuïtief bepaal kan word nie. Ons dink ons kan patrone raaksien, wat ons toelaat om voorspellings te maak – suiwer illusies van patrone en patrone van illusies (ook 'n hoofstuk in die boek). Oor die algemeen sukkel mense om tussen geluk (of ongeluk) en bekwaamheid te onderskei. Terloops, dankie Gary Larson vir die spotprentjie. Read more >>
Deel van my onlangse mediese ondersoek was 'n EKG. Vir diegene wat nie weet wat 'n elektrokardiogram is nie, dit is 'n manier om die elektriese aktiwiteit van jou hart oor 'n tydperk te meet. Die EKG meet elektriese impulse wat gegenereer word deur die polarisasie en depolarisasie van hart-weefsel en vertaal dit in 'n visuele sein. Die golfvorm word dan gebruik om die tempo en gereeldheid van hartkloppe, of die teenwoordigheid van enige skade aan die hart te meet. Seker nie so groot openbaring nie, maar wat my opgeval het van ‘n hartklop is die golfvorm; 'n gereelde op-en-af beweging, wat lewe beteken. Verandering impliseer beweging – op of af, of links en regs. Ironies genoeg hou mense nie van verandering nie. In die finansiële wêreld probeer sentrale banke om inflasie binne ‘n sekere band te hou, geldeenhede moet stabiel bly en verhoed dat finansiële markte ineenstort. Dit beteken geen lewe nie, want indien jou hartklop ‘n reguit lyn maak, is jy dood. Read more >>
Die vermiste vlug MH370 van die Maleisiese Lugdiens het die lugvaartbedryf geskok en laat owerhede sonder duidelike antwoorde.  Die voorval het my laat dink aan wat gebeur tydens ‘n vlug en hoe dit met die advies- en beleggingsproses vergelyk. Verdra die voorbeeld vir ‘n oomblik. ‘n Mens sou kon sê dat die analogie 'n vliegtuig voorstel wat deur die bate- of fondsbestuurder bestuur word, dat die kliënt die passasier is, terwyl die adviseur die rol van 'n lugwaard(in) vertolk. Hierdie voorbeeld kan lei tot 'n interessante bespreking, want soms kan ons die verskillende rolle omruil. Read more >>
Niemand sou kon dink dat die wêreld se finansiële markte sulke goeie opbrengste oor die afgelope 12 maande sou oplewer nie. Keer op keer het ekonome en kenners beweer dat daar ernstige onsekerheid heers. Dit het vrees by die leke belegger ingeboesem. Wat is ons gevolgtrekking hier? Ons weet nie wat gaan gebeur nie, maar ons kan onsekerheid bestuur.  Plus, ons hoef ons nie te veel oor die daaglikse nuusberigte te bekommer nie. Dit is meestal onnodige geraas. Dit is weereens 'n bewys dat, om in die mark te wees  deur die verskillende siklusse, 'n beter strategie is as om vir die perfekte koop of verkooppunt te wag. Diegene wat te veel in die finansiële markte "gelees" het, het ‘n goeie geleentheid misgeloop terwyl die JSE Algehele Aandele-indeks stadig opgekruip het, tot ver bo sy historiese hoogtepunte sedert die 2008/2009 finansiële krisis met ongeveer 20% opbrengste per jaar oor die afgelope 5-6 jaar. Read more >>

Pages

Follow Us